Volgens Sky News kan die skyfie met ’n afstandbeheer afgeskakel word vir die tydperk dat die vrou swanger wil raak. Wanneer dit verby is, skakel sy dit net weer aan.

Waar die Suid-Afrikaanse skyfie tot drie jaar kan hou, kan hierdie een glo tot 16 jaar hou, maar dit moet van 2016 nog kliniese toetse ondergaan.

Die span wat die skyfie navors, is van die Massachusetts Instituut van Tegnologie (MIT) en hul prekliniese toetse word deur de Bill en Melinda Gates-stigting ondersteun.

- Shandukani Mulaudzi

Bronne: news.sky.com, washingtonpost.com, bbc.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.