Die 33-jarige werklikheidster het op Instagram aangekondig haar nuwe mobiele app, Kim Kardashian Hollywood, sal binne ’n paar dae te koop wees.

Die donkerkopskoonheid het ook ’n lokprent op die sosialemediawebtuiste geplaas met die volgende woorde: “Opgewonde om aan te kondig die nuwe #KimKardashianGame word volgende week op die App Store en Google Play uitgereik! Kyk na die lokprent. . .”

Die speletjie laat die speler toe om ’n bekende karakter te kies en hulle in Hollywood te lei terwyl hulle roem probeer verwerf, glansryke geleenthede bywoon, fotosessies het en liefde vind. Jou karakter kruis ook paaie met Kim s’n, want jou tydens inkopietogte en aande uithelp en vir fotosessies stileer.

Kim het ’n eenjarige dogter, North, by haar man, Kanye West, en het vroeër geskimp dat sy ’n nuwe speletjie ontwikkel nadat sy ’n foto van haar in die ateljee geplaas het met die woorde: “Opgewonde oor dié nuwe projek #ComingSoon #KimKardashianGame.”

Sy het nog ’n foto van haar avatar geplaas met die woorde: “Vooraf kykie na my jongste projek! Baie opgewonde hieroor! #KimKardashianGame.”

Kyk hier na die lokprent vir die speletjie:

-Bang Showbiz

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.