Die naam Zzyzx moet die prys wen vir die vreemdste naam ter wêreld. Die Daily Mail het berig dat ’n opname op eBabyNames.com getoon het die naam Zzyzx (uitgespreek “Zay-Zix”) is die vreemdste naam ooit.

Zzyzx is Curtis Howe Springer se geesteskind. Hy het gemeen Zzyzx sou alfabeties die laaste woord in die Engelse taal wees. Hy het ’n mineraalbronne en gesondheidspa in Kalifornië so gedoop.

Ons dink nie oorlede Curtis het ooit gedink iemand sou hul kind daarna noem nie. Volgens amptelike rekords is vyf babas in die laaste 15 jaar Zzyzx genoem.

Maar as die ongewone by jou aanklank vind en jy ’n byderwetse naam verkies, is die onderstaande vanjaar se gewildste name tot dusver:

Meisies

Scarlett

Audrey

Zoe

Elizabeth

Layla

Seuns

Gatlen

Ezra

Finn

Bennett

Emmett

En die vreemdste name wat ons teëgekom het?

Puppy

Vogue

Hurricane

Dragos

Swag

Hotdog

Veyoncé

Rocket Man

Freak

Jermajesty

Dan was daar ook ’n man in sentraal-China wat sy seun “@” wou noem, maar sy versoek is geweier omdat die naam nie in Mandaryns vertaal kan word nie soos wetlik vereis. Praat van vreemd.

- Katlego Mkhwanazi

Bronne: Daily Mail, newsfeed.time, theregister.co.uk, babycenter.com