Gestel ’n hyser se deur gaan voor jou oop en binne-in word iemand vermoor: Sal jy baklei of gly?

Dis wat die bemarkingsagentskap Thinkmodo wou vasstel toe hulle versteekte kameras en twee akteurs in ’n hysbak gesit het, berig die Daily Mail. Sodra die deur oopgaan, sien niksvermoedende passasiers hoe ’n man ’n ander verwurg. Die kameras vang hul reaksies vas.

Thinkmodo is berug vir hul gewaagde veldtogte waarmee hulle flieks, TV-programme en nagklubs bemark. Dié eksperiment is ’n publisiteitsfoefie, dié keer vir 2013 se spanningsprent Dead Man Down met Colin Farrell.

Sommige mense draai onmiddellik weg en gaan soek hulp, ander probeer die “slagoffer” red, terwyl een selfs die twee met ’n brandblusser spuit.

Kyk die video: