Sal ’n ontkleedanser jou motiveer om te oefen? Wat van ’n neonpienk dubbelverdieping-ontkleedanser? Dis alles maar net ’n bietjie pret; Nestlé het ’n bemarkingsveldtog vir hul mineraalwater Contrex van stapel gestuur. Die water het ’n hoë kalsiuminhoud en bemarkers sê dit kan jou metabolisme versnel, kalorieë verbrand en jou help gewig afskud.

Die advertensie wys ’n ry oefenfietse in ’n openbare plein in Frankryk, elk met ’n bottel Contrex. Eindelik kom ’n paar mense, meestal vroue, nader enbegin trap – tot die toeskouers se groot genot! Hoe vinniger hulle trap, hoe gelukkiger raak die mense, want ’n reuse ontkleedanser maak dan sy verskyning. Is dit ’n slim bemarkingsfoefie of ’n vernuftige manier om mense te kry om te oefen? Besluit self – kyk die video hier.

Bronne: contrex.com, dailypicksandflicks.com