Die ATKV bekroon jaarliks uitblinkers vir hul bydrae in die gedrukte en elektroniese media tydens die ATKV-mediaveertjies.

Dié glansryke prysaand is Vrydag in Vodaworld in Midrand gehou en Huisgenoot het nie een nie, maar twéé pryse gewen.

Ons verslaggewer Marida Fitzpatrick het die ATKV-mediaveertjie gewen vir beste persoonlikheidsprofiel, vir haar onderhoud met die swemmer Natalie du Toit.

Ons eie werklikheidsreeks, Saktyd, het die ATKV-mediaveertjie vir die beste vermaaklikheidsprogram gewen.