Die gratis app is van nou af beskikbaar op iOS- en Android-toestelle, sodat jy jou gunsteling-tydskrifte op jou slimfoon of tablet kan lees.

Die beste is dat die app hom gedurig aanpas om jou meer te wys van die soort artikels waarop jy die meeste klik; dit gee jou nie sommer enige inhoud uit die kategorieë wat jy gekies het nie.

“Die ervaring raak selfs persoonliker wanneer die gebruiker die artikels lees, daarvan hou of nie hou nie, deel of kommentaar daarop lewer,” sê Daniël Malherbe, die hoof van Media 24-tydskrifte se digitale sakevernuwing. Hy het gehelp om hierdie app te skep.

“Eenvoudig gestel, hoe meer jy MyEdit gebruik, hoe slimmer raak dit om jou artikels te wys waarin jy sal belangstel.”

Wil jy graag die app hê? Hier is ons sewestapgids:

1. Gebruik die soekstasie op jou slimfoon of tablet om www.myedit.me te besoek.

2. Kliek op die aflaai-skakel. Jy sal gelei word na jou toestel se app-winkel. 

IMG_0981

3. Wanneer jy die app die eerste keer oopmaak, sal jy ’n nuwe rekening moet skep. 

4. Kies jou voorkeurtaal. 

5. Kies jou gunsteling-kategorieë; dit help bepaal watter inhoud jy sal sien. 

6. Wag dat jou inhoud aflaai. 

7. Begin lees!

-Kirstin Buick (@KirstiBuick)