Die Suid-Afrikaans Kommunistiese Party (SAKP) sê pres. Jacob Zuma het bevestig hy wil Pravin Gordhan en dié se adjunk, Mcebisi Jonas, die trekpas gee.

“Die president het ons ingelig van sy voorneme om ’n kabinetskommeling te laat gebeur waartydens hy die minister van finansies sowel as sy adjunk sal vervang,” lui 'n verklaring deur die SAKP. “Ons het ons teenkanting teen hierdie beplande kabinetskommeling duidelik gemaak.” Zuma het Maandag met die party vergader en sy planne gedeel.

Solly Mapaila, tweede adjunk-sekretaris van die SAKP, het Donderdagoggend op ’n mediakonferensie in Johannesburg gesê pres.

Zuma het ’n intelligensieverslag wat glo verdoemende bewerings teen Gordhan en Jonas bevat as rede gegee oor waarom hy dié twee wil afdank.

Zuma wil glo die voormalige Eskom-baas Brian Molefe voorstel as kandidaat vir nuwe minister van finansies.

Adjunkpres. Cyril Ramaphosa, die sekretaris-geneneraal van die ANC, Gwede Mantashe, en die tesourier-generaal van die ANC, Zweli Mkhize, is glo sterk daarteen gekant, berig die nuusdiens Bloomberg.