“Die Inkomstediens het kennis geneem van ’n paar voorvalle waar bedrieërs voorgegee het om verteenwoordigers van die SAID te wees en niksvermoedende kleinsakeondernemings genader het om ‘uitstaande betalings’ op onverklaarde belasting te eis,” het die Inkomstediens Maandag gesê.

“Daar is die afgelope paar maande ’n paar gevalle by die SAID aangemeld van bedrieërs wat geld eis om skuld af te skryf.”

Lees ook: Jongmense, dit is waarom jy vandag al moet begin spaar

Die SAID het ’n beroep op belastingbetalers en handelaars met ’n uitstaande rekening gedoen om die saak met die SAID self op te klaar.

“Diegene met navrae word aangemoedig om die SAID-kontaksentrum by 0800-00-7277 (0800-00-SARS) te bel om hul status te bevestig. Belastingbetalers moet ook enige verdagte aktiwiteite tolvry by ons teenkorrupsie-en-bedrog-blitslyn by 0800-00-2870 aanmeld.”

Alle uitstaande belasting, BTW en pligte moet net direk in die SAID se bankrekenings betaal word.

Lees ook: Vrou betaal belasting met 30 kg se kleingeld

“Geen geld moet oorbetaal word aan skuldinvorderaars of selfverklaarde SAID-beamptes nie; trouens, invorderaars wat wil hê jy moet geld oorhandig, moet dadelik gerapporteer word. Die SAID nooi alle belastingbetalers en kleinsakeondernemings om ’n SAID-kantoor te nader om hul uitstaande skuld te vereffen en hul opgawes in te dien vanaf 1 Julie 2016 en so vervolging te vermy.”

Die Inkomstediens het die kleinsakegemeenskap bedank omdat hulle getrou hul belasting betaal.

Bronne: SAnews.gov.za, bdlive.co.za, fin24.com

Besit jy ’n kleinsakeonderneming? KLIK HIER vir belastingadvies

Lees ook op Huisgenoot.com:

Mamma Mia! Abba-aanhangers sal hiervan hou

Shaleen Surtie-Richards laat aanhangers kopkrap oor jonger bok aan haar sy

Liefde by die Dam: Francois van Coke kan skaars wag

Terreurwaarskuwings: Só skerp inkopiesentrums in Kaapstad, Johannesburg veiligheidsmaatreëls op

Bisarre foto’s en video’s: So versorg ’n mens jou hare en naels in die ruimte . . .

Polisie se skokontdekking by Kaapse kleuterskool