"Dit is presies dieselfde as alkoholisme. Hoe meer daar is, hoe meer drink jy,” sê Lee-Ann Bosch* (49) van die Strand.

Sy is verslaaf aan Coke, dieselfde verslawing wat onlangs ’n Nieu-Seelandse vrou se dood veroorsaak het.

Die Nieu-Seelander, Natasha Harris, is op 31 dood ná ’n hartaanval omdat sy elke dag liters Coke gedrink het, is pas in ’n nadoodse verslag bekendgemaak.

Haar lewer was ook vergroot en vol vetneerslae weens die “uitermatige hoeveelhede suiker” wat sy ingekry het, is bevind. Natasha het 10 L Coke per dag gedrink.

Lee-Ann drink 15 L. Is sy nie bang sy sterf ook nie?

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.