Chad is deur die IOK gekies as een van vier atlete van die Jeug-Olimpiese Spele in Singapoer wat in Londen dopgehou moet word. Hy verskyn ook op bemarkingsmateriaal vir die aanloop van die 2012 Spele.

My Olympiese reis het op 29 Mei vanjaar afgeskop. Dis sewe weke later en ek geniet bykans elke oomblik daarvan.

Ons het afgeskop in Barcelona waar ons vir 'n week gebly het. Gedurende daardie tyd het ons geoefen en kompeteer, maar ek dink die hoogtepunt van alles was dat ek die sokkerstadion kon besoek en 'n Barcelona-hemp kon koop! .

Vanaf Spanje het ons per bus na Canet, Frankryk gereis. Dit was 'n lang 5 ure op pad maar ons het seker 90 persent van die tyd kaart gespeel, haha. Italië en die volgende stop was Rome en Pescara waar ons drie weke lank 'n uitmergelende oefenkamp gehad het. Dit was behoorlik die hardste drie weke van oefen ooit.

Vandaar het ons by een van die mooiste stede in die wêreld aangekom: Monaco - waar ons nou is.

Ons het die beste twee weke hier - een van dit was kompetisie en die ander week nogal ontspannend. Ons het drie verskillende funksies bygewoon, waarvan een saam met Prinses Charlene (op die foto) was. Dit was asemrowend. En die ander een was Usain Bolt se nuwe fliek-premiere. Epies!

En dan, kwalik 'n uur vóór ek hierdie artikel deurgestuur het, het ek myself in die nuwe Aston Martin Vantage bevind. Beslis een van die beste motors waarin ek myself nog ooit bevind het.

So, dis my pad tot dusver in 'n neutedop. Hou julle op die hoogte.

Ps Dankie vir die tablet - dit het my lewe die afgelope 7 weke makliker gemaak.

Groete,

Chad