Hy lig hom eers versigtig, dan met een kragtige stootbeweging uit sy leunstoel op. Die vel wat eens oor Dewald de Lange (56) se 275 kg gespan het, hang nou los. Hy stop om asem te skep en loop dan uit tot in die helder sonskyn van Pietermaritzburg.

Vriende en bure waai en groet. Hy leun teen die sekerheidshek, draai dan stadig om en kyk terug na die huis.

Binne staan die leunstoel wat eens sy hele wêreld was.

“Mense het altyd verbygeloop en geskree: ‘Haai Jumbo,’ en ek was maar altyd daar. Eendag het ’n buurman gestop en gesê: ‘Jumbo, jy gaan in daai stoel sterf.’ ”

Annemarie (51), sy vrou vanmeer as drie dekades, was 48 toe hy die besluit neem. Vir haar 50ste verjaardag wou sy ’n groot partytjie êrens buite hul huis hou, en hy het besluit hy wil by sy vrou wees op haar groot aand.

En hy was toe aan Annemarie se sy toe sy op haar verjaardag by die saal instap.

Dewald het deesdae ’n nuwe lyf. Hy weeg 135 kg. Hy het die vertel hy, kon nie nie meer in ’n bad pas nie. “Ek het onder die stort gestaan en dan moes Annemarie my was. Ek kon nie eens omdraai nie. Nou kan ek lekker

in die bad lê.”

Dokters het hom meegedeel dat hy suiker, sout en stysel heeltemal uit sy dieet moes sny. “Dit was moeilik, want dit was ’n heel ander leefstyl. Ek het koeldrank vir water verruil en biltong en burgers vir groente.”

Dewald moes na ’n skrootmetaalhandelaar gaan sodat hy geweeg kon word.

Deesdae kan hy nie stilsit nie. Selfs inkopies is nou ’n heerlike uitstappie.

Hy wil nou nog 25 kg verloor.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 6 Mei 2010

Bespreek vir Skouspel!