.

Candice Swanepoel (25)

Verjaar: 20 Oktober 1988

Tuisdorp: Mooirivier, KwaZulu-Natal

Hoe is sy ontdek? By ’n vlooimark in Durban.

Skoonheidsgeheim? “Ek oefen soos ’n mal mens. Ek boks soggens en doen saans Pilates. Ek oefen ook baie met weerstandsbande.”

Veldtogte: Victoria’s Secret, Tom Ford, Oscar de la Renta, True Religion, Brian Atwood.

Volg haar op Twitter: @angelcandice

Het jy geweet? Sy is die 10de rykste model ter wêreld volgens die tydskrif Forbes. Sy het tussen Mei 2011 en Mei 2012 meer as R24 miljoen ($3.1 m) laat inrol. Sjoe!

Dominique Piek (28)

Verjaar: 13 Julie 1985

Tuisdorp: Somerset-Wes, Wes-Kaap

Hoe is sy ontdek? Sy het op 14 modelwerk begin doen, maar haar deurbraak was toe sy in 2003 Sports Illustrated se soektog na ’n swemkleremodel gewen het.

Skoonheidsgeheim? “Ek smeer vyf keer per dag vogroom aan my gesig.”

Veldtogte: Russell & Bromley, Hickey Freeman, LiuJo

Volg haar op Twitter: @dominiquepiek

Het jy geweet? Die Star Trek-hartebreker Chris Pine is haar kêrel.

Behati Prinsloo (24)

Verjaar: 16 Mei 1989

Tuisdorp: Grootfontein, Namibië (sy is in Johannesburg gebore)

Hoe is sy ontdek? ’n Talentsoeker het haar raakgesien toe sy op 16 in die Kaap vakansie gehou het.

Skoonheidsgeheim? Sy gaan gim toe, doen Pilates en ry skepbord en branderplank.

Veldtogte: Chanel, MiuMiu, Prada, Victoria Secret, Marc deur Mark Jacobs, Hugo Boss, Gap en Tommy Hilfiger

Volg haar op Twitter: @beeprinsloo

Het jy geweet? Sy en die Maroon 5-sanger, Adam Lavine, is ’n paartjie!

Katryn Kruger (18)

Verjaardag: 14 April 1995

Tuisdorp: Kaapstad, Wes-Kaap

Hoe is sy ontdek? Terwyl sy inkopies in ’n inkopiesentrum in Kaapstad gedoen het.

Veldtogte: Dior, Oscar de la Renta en Prada, om maar ’n paar te noem. Sy is ook gekies om Valentino se loopplankvertoning te open en af te sluit – dit word as ’n baie groot eer vir ’n model beskou.

Het jy geweet? Sy is ’n slimkop met ’n gemiddelde A-simbool en het al verskeie top skryftoekenings gewen, soos die Junior Herzog-prys.

“Ek glo steeds Kaapstad is die ongeloofliskte stad ter wêreld, en dit klop selfs vir Parys!”

Justin Hopwood (25)

Verjaar: 9 Desember 1988

Tuisdorp: Kaapstad, Wes-Kaap

Hoe is hy ontdek? Hy is opgeraap toe hy op 20 saam met sy suster na haar modelagentskap gegaan het.

Skoonheidsgeheim? “Drink jou vitamiene en bevog elke dag (ja, ouens, julle ook!) Stoomkamers doen ook die ding.”

Veldtogte: Polo, Ralph Lauren, American Eagle Husky, Abercrombie & Fitch, Polo

Het jy geweet? Hy is ’n professionele versneljaer in Suid-Afrika en speel professionele verfbal!”

Volg hom op Twitter: @Justinhopwood_

BRONNE: FORBES, MODELINIA.COM, ALLURE, VOGUE ITALIA, MYTYD