Sy verloofde, Chesney Campbell, het net soveel rede om breed te glimlag.

Chesney het op Instagram onthul sy het ná meer as drie jaar haar tesis vir haar meestersgraad in sosiologie voltooi en ingehandig. "Dit was ’n lang drie en ’n half jaar," het sy op Instagram vertel. "Ek het honderde artikels en boeke gelees en dit (haar tesis) selfs elke aand vandeesweek geproeflees. Ek het ook op elke reis my skootrekenaar saamgeneem. Ek het eindelik die dag bereik dat ek dit kan druk en inhandig," het sy vertel. "Ek is so dankbaar. God was so goed vir my."

Wayde is duidelik net so trots op haar. Hy het haar ook op Instagram gelukgewens.

Luidens berigte het die paartjie mekaar vier jaar gelede by die Universiteit van Vrystaat in Bloemfontein ontmoet. Chesney is nou ’n junior lektor in die sosiologiedepartement by dieselfde universiteit. Tussendeur het sy ook studeer om haar meestersgraad in sosiologie te behaal. Daar was darem tyd vir ’n bietjie afleiding tussen al die swotwerk, het sy al in die sosiale media verklap.

Distracted ??

A post shared by Chesney Campbell (@chesney_campbell) on

Sy moes ook ma speel vir hul twee skattige hondekinders, Bailey en July. 

Because when you're a baby, you don't care if mom is driving.....

A post shared by Chesney Campbell (@chesney_campbell) on

Te oulik!