Soné Grobbelaar (20) van Johannesburg beplan om Biebs se toer na SA baie spesiaal te maak. Ons het gedink dis so koel, ons moes dit net deel:

“Ons het al hierdie idees gekry van Beliebers wat na die konserte toe gaan. Ons wil graag hê dit moet uitwerk en het baie ondersteuning nodig.”

1) Justin Bieber begin altyd sy konserte met die liedjie All Around the World – ons dink dis ’n fantastiese partytjieliedjie en dat almal wit en pers ballonne met rondgooi en net mal gaan wanneer hy dit sing. Vanaf die verhoog sal dit soos die koelste partytjie ooit lyk!

2) Wanneer hy One Less Lonely Girl sing, kies hy gewoonlik een meisie uit die gehoor. En Beliebers raak nogal emosioneel wanneer hy dit sing, daarom het ons gedink almal moet ’n plakkaat omhoog hou met die woorde: “I’m also the one less lonely girl.” 3) En wanneer Justin eindig met sy liedjie Baby, moet Beliebers ’n foto van hom as baba omhoog hou. Dit sal die oulikste ding ooit wees! Wanneer die liedjie klaar is moet ons papierlinte na die verhoog toe gooi. Die mense wat sit, kan dit tot in die skare onder gooi. Dit sal ongelooflik lyk en Justin sal beslis ná so ’n ontvangs wil terugkom Suid-Afrika toe. Dit is sy eerste konserte hier en ons wil hê hy moet dit vir altyd onthou. 4) Laastens, ons het ’n liejdie. Dit begin sag en eindig HARD. Hier is die woorde: “We are Beliebers and if you can't hear us we'll scream a little louder.” Gaan volg ons op Twitter: @The_SAbeliebers .

 Lee-Anne van Zyl (19) en haar beste vriendin Silke Botha (17) wil ook die konsert spesiaal maak en het ’n paar idees vir die Kaapstad-konsert. 1) “Wanneer Justin Believe sing, gaan almal A4/A3-plakkate ophou waarop staan "SA BELIEVED", met ander woorde die Sui-Afrikaanse Beliebers het geglo dat Justin eendag Suid-Afrika toe sal kom en ons droom het waar geword. 2) En wanneer hy Baby sing, gaan almal plakkate ophou waarop staan "DANKIE" om hom te bedank vir alles wat hy vir sy aanhangers doen en dat hy so goeie rolmodel vir ons is. Die rede hoekom ons dit gedurende "Baby" gaan doen is omdat dit die laaste liedjie van die konsert is wat hy sing. Ons het besluit om Dankie in Afrikaans te hou omdat Justin in 2010 in SA was en basiese Afrikaanse woorde geleer het waarvan Dankie een was en ons wil vir hom op 'n Suid-Afrikaanse wyse dankie sê. Daarna gaan almal papierlinte in die lug gooi om die wonderlike konsert te vier.” Jy kan hulle twiet by @RSABELIEBERS as jy enige vrae het of stuur ’n e-pos na  rsabeliebers@gmail.com.