Hoe klink ’n luukse jogurtbehandeling vir die vel, ’n Europese reis of ’n kas vol ontwerpersklere? Nee, dis nie vir jou nie; dis vir jou hond!

Ons het Huisgenoot-lesers op Facebook gevra hoe hulle hul viervoetige vriende bederf ná pres. Jacob Zuma se omstrede uitlatings oor Suid-Afrikaners en hul troeteldiere.

Die reaksie was verstommend.

Met alles van verjaardagpartytjies, eie stootwaentjies en koffie soggens, lei dié gelukkige viervoete allermins ’n hondelewe.

Sien meer foto's en stories in die nuutste uitgawe van Huisgenoot wat nou op die winkelrakke beskikbaar is.