Die gewilde sanger Jacques de Coning se seun, Basil (24), het verongeluk. Die tragedie het homself op Vrydagaand 19 September omstreeks 20:30 in Port-Elizabeth, voor die Life St. George-hospitaal, afgespeel.

[caption id="attachment_84189" align="aligncenter" width="486"]Basil de Coning (24) Basil de Coning (24)[/caption]

Volgens Basil snr, Jacques se broer, het Basil glo beheer oor die voertuig verloor en het dwars in ‘n boom ingegly, berig Die Burger.

Basil is op die toneel dood verklaar.

Volgens kapt. Sandra Janse van Rensburg , polisiewoordvoerder, was daar moontlik ‘n Volkswagen Golf ook by die ongeluk betrokke.

[caption id="attachment_84187" align="aligncenter" width="600"]Basil het glo beheer oor die voertuig verloor en dwars in ‘n boom ingegly. Basil het glo beheer oor die voertuig verloor en dwars in ‘n boom ingegly.[/caption]

’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

- Joanie Bergh

Bron: Die Burger