Die land rou oor die dood van die dood van die 800 m-atleet Mbulaeni Mulaudzi (34), die eerste atleet in Suid-Afrika wat ’n nommer-een-posisie in die wêreld beklee het.

Mbulaeni sal altyd onthou as die vlagdraer tydens die openingseremonie van die 2004 Olimpiese Spele in Athene.

Hy het by dié spele ’n silwer medalje gewen. Hy sal ook onthou word vir die goue medalje wat hy in 2002 by die Statebondspele in Manchester gewen het, asook die goue medalje wat hy in 2009 by die Wêreldbyeenkoms in Berlyn, Duitsland, gewen het, kort nadat hy van ’n besering herstel het.

Mbulaeni is Vrydagoggend dood op die R55 tussen Ogies en Emalahleni (Witbank), berig Citizen. Hy was onderweg na ’n vergadering met Atletiek Suid-Afrika in Johannesburg toe hy verongeluk. Hy was alleen in sy voertuig en het op ’n draai beheer oor sy voertuig verloor.

Pres. Jacob Zuma het by monde van sy woordvoerder, Mac Maharaj, gesê Suid-Afrika het ’n ware held verloor. Hy het verder gesê Mbulaeni was een van die mees gedissiplineerde en talentvolste atlete wat al die Suid-Afrikaanse vlag in die sportwêreld laat wapper het.

Mbulaeni het verlede jaar afgetree.