Francois van Coke, solo kunstenaar en voorsanger van die gewilde groep Fokofpolisiekar en sy vrou, Lauren, het Donderdagoggend die blye nuus bekendgemaak.

[caption id="attachment_130377" align="alignnone" width="600"]Francois van Coke en sy vrou, Lauren, gaan in November 'n dogtertjie ryker word. Foto: Verskaf Francois van Coke en sy vrou, Lauren, gaan in November 'n dogtertjie ryker word. Foto: Verskaf[/caption]

“Ek en my vrou is baie opgewonde om ouers te word van ’n dogtertjie! Sy kom in November en ons kan nie wag nie!” het die rocker in ’n verklaring gesê.

In ’n vorige onderhoud met Huisgenoot het Francois vertel hoe lekker dit is om altyd terug te kom na Lauren toe ná vertonings en toere. Toe hy destyds uitgevra is oor die moontlikheid van ’n babatjie, was sy antwoord: “Daar is sprake daarvan, maar daar is nog nie enige babas op die horison nie.”

Baie geluk met die goeie nuus wat nou op die horison verskyn het.