Die Suid-Afrikaanse regering het in die afgelope jaar 14 versoeke tot Facebook en drie tot Google gerig om inligting oor sekere gebruikers te kry, berig Beeld.

Facebook het al die versoeke afgewys en Google het aan een gehoor gegee nadat ’n hofbevel uitgereik is oor ’n saak van naamskending.

Facebook het nou Google se voorbeeld gevolg en pas sy eerste halfjaarlikse verslag oor regeringsversoeke uitgereik.

Volgens die verslag het 71 lande 25 600 versoeke in die eerste helfte van die jaar tot Facebook gerig om IP-adresse, profiel-inligting en name te bekom.

Die Faceboek-versoeke is plaaslik deur verskeie wetstoepassingsorganisasies soos die polisie, Valke en die departement van staatsveiligheid gerig, sê die departement se woordvoerder, Brian Dube.

“Ons departement het twee versoeke oor kuberveiligheid tot Facebook gerig.”

Volgens Facebook en Google word die meriete van elke versoek deeglik oorweeg voor die inligting bekendgemaak word.

-   SAPA

sapalogo