Twee kreatiewe Suid-Afrikaanse siele wat sedert Maart verlede jaar die wêreld deurkruis en beroemd en gewild geraak het met hul How Far from Home-blog en Instagram-rekening, het pas 24 kostelike nabyskote van diere gedeel wat hulle op hul omswerwings ontmoet het. Chanel Cartell en Stevo Dirnberger het uit hoë poste in die reklamebedryf bedank en die wanderlust hulle laat meesleur na al die uithoeke van die planeet. Hulle het bekend geword daarvoor dat een van hulle ’n swartbordjie omhoog hou met die kilometers van hoe ver hulle van hul huis af is.

Hulle het pas al 145 465 km van hul tuiste in Johannesburg, Suid-Afrika, gereis toe hulle in San Candido, Italië, aankom. Daarna is hulle vyf dae in Barcelona, voor hulle na die parytjie-eiland Ibiza vertrek en daarna vir ’n maand in Ysland gaan wees, vertel Chanel aan Huisgenoot. “Ons doen vrywilligerswerk soos ons reis,” voeg sy by.

Aan die begin moes hulle hul spaargeld gebruik, maar nou is hulle so ’n gewilde teenwoordigheid op sosiale media, maatskappye het hulle nou begin nader om te adverteer op hul webplatforms. Hulle het meer as 130 000 volgelinge op Instagram.

“Om portrette van diere te neem is moeiliker as wat dit lyk,” vertel hulle op hul blog. Met @PixelPaws op Instagram het hulle as “hondebekruipers” begin oefen in Johannesburgse parke.

Hulle het nou duisende foto’s van verskillende honderasse, plaasdiere en wilde diere wat hulle met hul aanhangers deel. Om die diere af te neem en om op ’n baie beperkte begroting vir 15 maande te oorleef was tot nou toe hul grootste uitdaging.

Wat het hulle geleer van die diere wat hulle so afgeneem het langs die pad?

“Maak nie saak waarheen jy gaan nie, daar is altyd iets om af te neem. Bly dus geïnspireerd en kliek, kliek, kliek!”

Hier is van hul oulikste dierefoto’s:

Alpaca wat grynslag: Salzburg, Oostenryk.

alpaca

Kat met groot oë: Hydra, Griekeland.

cat

’n Nuuskierige kat: Orvieto, Italië.

kat 2

Kwylende bulhond: Johannesburg, Suid-Afrika.

hondbrak

Eentand-boerbok: Salzburg, Oostenryk.

bok met tand

’n Parmantige perd: Umbertide, Italië.

laughing horse

’n Perd wat snuffel: Engelberg, Switserland.

black and white horse

Vuil varkie: Kolåsen, Swede.

pig

Knibbelende hasie: Järpen, Swede.

rabbit

Skapie-mê: Anjan, Swede.

sheep

Natsnoet-koei: Seekirchen, Oostenryk.

cow

Ander stories op Huisgenoot.com

Hartbrekende nuus vir Taylor Swift

Kyk watter gewilde sanger se eerste pienkvoet is onlangs gebore!

Prinses Charlene word weer tannie – kyk dié skattige foto’s!

Kyk die vreesaanjaende oomblik toe wilde olifant Arnold Schwarzenegger op safari in SA ‘bestorm’

#SpeelSaam: Kyk of jy 10 verskille tussen die twee foto’s kan raaksien