[caption id="attachment_127186" align="alignnone" width="600"]Die trotse pa en sy een kleinding! Foto: Verskaf Die trotse pa en sy een kleinding! Foto: Verskaf[/caption]

Pieter Kruger (39) en sy vrou, Lizel (36), het Maandag (16 Mei) gereed gemaak om aandete te eet. Hulle oudste dogter, Helani (13), was besig om tafel te dek. Lizel het badkamer toe gegaan en teruggekom met ’n ernstige blik en vir hom gesê haar water het gebreek.

“Ons tasse was klaar gepak,” vertel Pieter.

“Haar kraamdag sou 6 Junie gewees het. Ons het die geboorte deeglik beplan. Ons sou dat sy in Mediclinic Hoogland op Bethlehem kraam waar ons ginekoloog en my ouers is.”

Lees ook: So gaan dit deesdae met Gerhard Steyn se vroeggebore babadogter

Pieter en sy gesin sou op 20 Mei reeds deurgery het om hulle genoeg tyd te gee vir die geboorte.

“Helani sou daar eksamen geskryf en ons sou tyd saam die ouers deurgebring het terwyl sy en die kleintjies aansterk.”

Hul planne moes toe verander en Pieter het die bakkie gepak en met sy hoogswanger vrou, twee Jack Russell-honde en oudste dogter koers gekies Bethlehem toe.

Lees ook: ‘Die dag toe die dokter nie my ander baba kon vind nie,’ vertel pa van tweeling

“Ons was nie bekommerd oor of ons dit sou maak tot op Bethlehem nie. Dit was drie uur se ry soontoe en sy het nog nie kwaai sametrekkings begin kry nie. Ons ginekoloog het gesê ons het 24 uur nadat haar water gebreek het.”

Toe Pieter en sy gesin op die volgende dorp, Dundee, kom, het haar sametrekkings vererger.

“Toe ons op die N11 op pad na Ladysmith afdraai, was haar sametrekkings twee minute uitmekaar. Ons was 18 km van Ladysmith af toe Lizel my vra om stil te hou omdat die eerste baba op pad was.”

Albei babatjies het met hul voete eerste uitgekom. Pieter moes aan die passasierskant van die bakkie sy vrou bystaan terwyl Helani die honde agter op die bakkie kalm probeer hou het.

“Ek het regtig gevoel soos ’n robot. Ek was bang, maar het geweet dit is iets wat ek moet doen.”

Pieter, ’n finansiëlekredietbemarker, sê hy het absoluut geen mediese kennis gehad toe dit gebeur nie.

“Ek was so bang my kinders of my vrou kom iets oor. ’n Mens besef nie hoe baie bloed daar by so ’n geboorte is nie.”

Pieter het sy dogtertjie, Retha, veilig uitgekry en in ’n kombers toegedraai en op Lizel se bors gesit.

Lees ook: Pa kom met desperate plan vorendag om sy identiese tweeling van mekaar te onderskei

“Ek het toe besluit om weer te begin ry en gehoop dat ons by Ladysmith kan uitkom voor die tweede baba kom.”

Sowat 4 km verder het Lizel weer vir Pieter gesê om stil te hou; die tweede baba was op pad.

“Met Johan se geboorte was dit moeiliker. Hy het in die geboortekanaal vasgesit en ek moes meer krag inspan om hom uit te kry.”

Toe sy dogtertjie, seuntjie en vrou buite gevaar was, het hy die kar se verwarmer aangesit om hulle so warm moontlik te hou en deurgejaag Ladysmith toe.

Retha en Johan is tans in die La Verna-hospitaal op Ladysmith en sal oor die naweek ontslaan word. Retha weeg ’n gesonde 2,44 kg en klein Johan 2,47 kg.

Sal hy sommer weer kinders kry?

Ja, sê Johan sonder huiwering.

“Kinders is altyd ’n seën, solank dit nie weer op die passasiersitplek van ’n bakkie is nie,” skerts hy.

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Die dag toe Minki van der Westhuizen Anneline Kriel ‘geword’ het . . .

Aktrise ‘vind haarself’ op die spoor van Bybelse gebeure

Dié optiese illusie gaan jou brein lekker deurmekaarkrap!

Kyk net wat gebeur as vier mans hoëhakskoene ’n dag lank dra!

’n Heerlike digitale legkaart om die kleinspan mee besig te hou!

Raad oor menopause – wat elke vrou moet weet