Hy is al as ’n samesweringsteoretikus, ’n verraaier van Islam en ’n leuenaar uitgekryt. Hy en sy gesin is al met die dood gedreig en daar is al oproepe gedoen dat hy uit sy pos ontslaan word.

Ja, hy moes al ’n hoë prys betaal, erken prof. Hussein Solomon, ’n Suid-Afrikaanse akademikus, maar niks gaan hom nou keer om die waarheid te onthul oor ’n onderwerp wat hom na aan die hart lê nie.

Suid-Afrika is al jare lank ’n broeiplek vir terreurorganisasies soos Al-Kaïda en Hezbollah, sê hy. En nou ná Osama bin Laden se dood het ons meer rede as ooit om op ons hoede wees.

Hussein, ’n senior professor in politieke wetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat,werk aan ’n boek waarin hy die bedreiging van Islamitiese terreur in ons eie agterplaas in volle besonderhede beskryf.

Dit sal die waarheid oor terreur en korrupsie in Suid-Afrika oopvlek, sê hy. En al was daar in die verlede al ’n hewige teenreaksie op navorsingsverslae wat hy oor dieselfde onderwerp gepubliseer het, sal hy hom nie daardeur laat stuit nie.

Lees meer in Huisgenoot van 19 Mei. 

Volg Huisgenoot op Twitter.