Die Suid-Afrikaanse model Candice Swanepoel het by die elite van die modewêreld aangesluit toe sy onlangs gekies is as die gesig van Tom Ford se nuutste veldtog.

Candice, wat ook al een van Victoria Secret se engele was, sal die gesig wees van Ford se Winter/Herfs-reeks 2012.

Die pragtige Suid-Afrikaner lyk byna onherkenbaar in die fotosessie wat neonkleure, donker grimering en ‘n byna vampieragtige glimlag insluit.

Ford is een van die mees bekende modeontwerpers in die wêreld.

Candice is in Mooi Rivier in KwaZulu-Natal gebore en deur ‘n talentsoeker by ‘n vlooimark in Durban raakgesien op 15-jarige ouderdom.

Volg Huisgenoot op Twitter.