Niemand weet hoe dit vir hom was wanneer haar vel aan sy vingers vasgesit het terwyl hy haar brose lyf in die bed probeer omdraai het nie, en niemand anders kon haar verrottende vlees ruik nie.

Min mense het haar eens dik swart hare in klosse sien uitval en weinig het geweet die eens briljante psigiater se stem het stil geword toe haar ontbindende tong net nie meer woorde kon vorm nie.

Haar seun het dit alles en veel meer ervaar – en dit is waarom hy sy ma help sterf het. In Oktober sal Sean Davison nou in Nieu-Seeland teregstaan weens moord ná die genadedood op sy ma, Patricia Ferguson.

Intussen beywer hy hom nou om die genadedood in sy eie land, Suid-Afrika, te laat wettig.

Die 49-jarige professor, ’n forensiese DNS-wetenskaplike aan die Universiteit van die Wes-Kaap, kan tot drie jaar tronkstraf kry as hy skuldig bevind word. Hy is nou uit op borgtog en terug by sy vrou, Raine, en seuns, Flynn (2½) en Finnian (1), in Suid-Afrika.

By sy huis in Pinelands, Kaapstad, vertel Sean hy is passievol oor sy nuwe strewe om genadedood hier aanvaarbaar te maak.

“Ek ken so baie mense wat familie het wat wonderlike lewens gelei het, maar wat nou ’n onwaardige dood sterf.”

Soos in baie ander lande is genadedood onwettig in Suid-Afrika.

Lees meer in die Huisgenoot van 26 Mei. 

Volg Huisgenoot op Twitter.