’n Suid-Afrikaanse man wat in die Charlotte Maxeke-hospitaal opgeneem en ’n moontlike Ebola-geval was, se toetse was negatief, het die ministerie van gesondheid Maandag gesê.

“Die pasiënt is stabiel en die uitslae van die Ebola-toets is negatief,” het die woordvoerder Joe Maila in ’n verklaring gesê.

“Ons het ook vir malaria getoets en daardie uitslae was ook negatief.”

Nog toetse vir ander infeksies word ook uitgevoer.

Die 37-jarige man, wat in Liberië by ’n mynoperasie as ’n gesondheids-en-veiligheidsbeampte gewerk het, is Sondag in die hospitaal opgeneem

Hy het op 6 Augustus na Suid-Afrika teruggekeer.

Die man het in sy tyd in Liberië geen kontak met pasiënte gehad nie en was ook nie betrokke by pasiëntesorg nie. Op 16 Augustus het hy koorsig geraak en sy algemene praktisyn besoek.

Hy is huis toe en is gemonitor, maar toe sy temperatuur verhoog, is hy vir nog toetse hospitaal toe geneem.

“As ’n voorsorgmaatreël, gegee sy geskiedenis van werk in Liberië, moet die protokol ontwikkel vir hemorragiese koors gevolg word,” het Joe Sondag gesê.