[caption id="attachment_113973" align="alignnone" width="600"]Royals 'n Foto van die album soos wat dit op Gumtree verskyn het.[/caption]

Mario Luiters sê die album bevat vele persoonlike aandenkings en foto’s van koning George VI en sy dogter, die huidige heersende monarg koning Elizabeth II.

Mario sê hy het sy huis ’n paar jaar gelede gekoop en nooit geweet hy bly in ’n goudmyn nie.

Lees ook: Ontmoet die wêreld se grootste aanhanger van die Britse koninklikes

“Ek het ’n huis met ’n paar stoorvertrekke buite ’n paar jaar gelede by ’n vrou gekoop. Sy het gevra ek moet die inhoud weggooi, maar ek het besluit om te kyk of iets gered kan word,” sê hy.

“Sowat ’n jaar nadat ek die huis gekoop het, het ek ’n klein kruipruimte in een van die vertrekke gevind met verskeie antiekware daarin, onder meer ’n seëlring uit die 1930’s, goue oorbelle en hierdie baie ongewone album. Ek het die oorspronklike eienaar gekontak om die items terug te gee, maar sy het nie daarin belanggestel om dit te hou nie en dit vir my gegee.”

[caption id="attachment_113978" align="alignnone" width="600"]gumtree 'n Foto van die album soos wat dit op Gumtree verskyn het.[/caption]

Mario meen die album was langer as 68 jaar in die kelder versteek en het aan ’n amptelike fotograaf behoort.

Hy sê daar is uiters intieme nabyfoto’s van die destydse prinses Elizabeth en haar ouers op safari. Daar is ook verskeie foto’s wat tydens die toer in onder meer Port Elizabeth, Johannesburg en KwaZulu-Natal geneem is saam met ondertekende uitnodigings en korrespondensie van verskeie wêreldkoerante.

Lees ook: Hoe goed ken jy Prins William en Kate?

“Wie ook al die foto’s geneem het, het amptelike toegang tot die koningsgesin gehad en die aandenkings versigtig bewaar. Ek sou graag wou hê dat dit na ’n museum of selfs die koningin self gaan om mooi herinneringe terug te bring,” sê Mario.

Sowat 26 000 inwoners van Port Elizabeth het tydens die toer by die St. George-park opgedaag om die gesin te groet.

[caption id="attachment_113979" align="alignnone" width="600"]'n Foto van die album soos wat dit op Gumtree verskyn het. 'n Foto van die album soos wat dit op Gumtree verskyn het.[/caption]

Elizabeth II het ook tydens die reis haar 21ste verjaardag in Kaapstad gevier.

Die album bevat ook die oorspronklike spyskaart van die Wit Trein, die koning en koningin se reistas-etikette en verskeie histories belangrike handtekeninge. Die name van die sjefs en kelners wat aan diens was, is ook aangeteken.

Lees ook: Ontmoet die vorige prinsesse van Cambridge

“Ek het met ’n man gepraat wat destyds in die leër was en meen hy verskyn op verskeie van die foto’s wat geneem is – dit het baie herinneringe teruggebring; daarom is ek seker dis baie spesiaal vir enigiemand met ’n belangstelling in daardie tydperk of die koningsgesin,” sê Mario.

Mario verkoop die album op Gumtree saam met ander items. Daar word nie tans ’n prys aangedui nie.

“Ek het dit nog nie laat waardeer nie. Maar ek sal aanbiedinge oorweeg,” het hy aan News24 gesê.

Bron: News24