Die 43-jarige vrou is by die eiendom van R20 miljoen afgeneem net vier maande nadat ’n Britse regter beslis het sy moet onbepaald in ’n veilige psigiatriese hospitaal gehou word.

Tania het na haar huis in die suidweste van Londen teruggekeer nadat sy erken het sy het haar driejarige tweeling, Max en Ben, en vierjarige dogter, Olivia, vermoor.

Al drie kinders het aan ’n ernstige lewensbeperkende stoornis gely, en in die hof is gesê Tania het ’n geestessiekte ontwikkel in haar stryd as hul primêre versorger.

Tydens ’n reeks emosioneel-gelaaide hofverskynings verlede jaar het die regter haar skuldbekentenis aanvaar op die mindere aanklagte van manslag met verminderde aanspreeklikheid.

Foto’s wys nou waar Tania by die huis aankom wat steeds die tuiste van haar man, Gary, ’n Suid-Afrikaanse beleggingsbankier, en die egpaar se oorblywende dogter, Taya, is.

Daar word geglo dat sy tydelike toestemming gekry het om die hospitaal te verlaat.

Die Daily Mail het foto's bekom wat wys hoe Tania met Taya rondry.

Bronne: The Telegraph, Daily Mail