Die 42-jarige ma het in die beskuldigdebank gehuil toe sy skuldig pleit op manslag op grond van verminderde verantwoordelikheid ná die dood van die vierjarige Olivia en die driejarige tweeling Ben en Max.

Maar Tania, van Londen, het tydens haar verskyning by die Old Bailey ontken dat sy die kinders tussen 20 en 23 April vermoor het.

Sy was onder trane toe sy in die beskuldigdebank pleit terwyl haar man, Gary, toekyk.

Die verhoor, wat na verwagting drie tot vier weke gaan duur, gaan op 21 Februarie volgende jaar begin.

Die aangeklaagde is in ’n veilige psigiatriese hospitaal opgeneem.

Die polisie is op 22 April na die gesin se vyfslaapkamerhuis in die gegoede Londense buurt New Malden ontbied. Hulle het die kinders daar aangetref; hulle is op die toneel dood verklaar.

Al drie die kinders het aan tipe 2 spinale spieratrofie gely. Dit staan ook bekend as slapbaba-sindroom en is ’n genetiese toestand wat veroorsaak dat die lyer min beheer oor sy bewegings het. Dit verkort hul lewensverwagting aansienlik.

Tania is by die St. George’s hospitaal in Tooting, Suid-Londen, vir snywonde behandel en op 24 April aangekla.

Nog ’n vooraf verhoor gaan op 3 Oktober plaasvind.