[caption id="attachment_128765" align="alignnone" width="600"]Hende-Mari Strydom Hende-Mari Strydom het by die Wêreldfiksheidsorganisasie (WFO) se Mej. Heelal-kompetisie skoonskip gemaak. Foto: Verskaf [/caption]

Dié aanvallige Bloemfonteiner het die afgelope naweek dié gesogte titel in Orlando, Florida, verower. Verstaan een ding mooi: Vanjaar se kompetisie was glad nie kinderspeletjies nie. Dis immers die een geleentheid waar die wie’s wie in die wêreld van liggaamsbou teen mekaar meeding.

Hende-Mari het tydens ’n plaaslike byeenkoms in Pretoria skoonskip gemaak in niks minder nie as drie afdelings, insluitend dié vir beste atletiese figuur, en so vir die internasionale byeenkoms gekwalifiseer.

Haar besonderse voorkoms, waarmee sy die een prys ná die ander losslaan, is nog indrukwekkender as ’n mens in ag neem sy het eers in 2014 by liggaamsbou betrokke geraak. Dié slimkop was ’n onnie by die St. Michael-skool vir meisies in die Rosestad, maar voltooi tans haar meestersgraad in besigheidsadministrasie.

Hende-Mari 1

Hende-Mari het Suid-Afrika ook vroeër vanjaar by die WFO-spele in Europa verteenwoordig, waar sy onder die top-10 geëindig het.

“Dis ’n droom wat waar geword het,” het Hende-Mari kort voor haar vertrek na Orlando vertel. “Ek het so hard gewerk om vir hierdie byeenkoms te kwalifiseer, want nou kan ek my dogter, Mika-Leigh, plekke soos Disney World wys. As ek nie so hard gewerk het nie, sou ek heel waarskynlik nooit so ’n geleentheid gekry het nie.”

Lees ook op Huisgenoot.com:

Barry Steenkamp: ‘Oscar (Pistorius) moet betaal vir wat hy gedoen het’

Hipster 60-jarige model slaan ’n bres vir die ouer geslag!

‘Ek is nie ’n rassis nie,’ bieg Penny Sparrow in ope brief

Visserskuit trek onverwagse ‘vangs’ uit die see