’n Kleuter is Maandag beseer nadat sy in Kaapstad uit ’n trein geval het omdat die deure na bewering oopgemaak het voor dit stilgehou het, sê die Wes-Kaapse polisie.

[caption id="attachment_118391" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Pixabay Foto ter illustrasie: Pixabay[/caption]

“Daar word beweer die trein se deure het oopgemaak voor die trein by die stasie stilgehou het. Geen misdaadsaak is geopen nie,” sê die polisiewoordvoerder konst. Noloyiso Rwexana.

Die voorval het om ongeveer halfsewe Maandag plaasgevind. Die meisie is vermoedelik twee jaar oud.

Riana Scott, provinsiale woordvoerder van Metrorail, sê ’n beseerde kleuter is op die spore gevind.

Lees ook: Verkeersowerhede ‘getraumatiseerd’ oor padsterftes

Sy is na die Rooi Kruis-kinderhospitaal geneem vergesel deur haar pa.

Riana sê die snelspoorpolisieeenheid van Retreat sal die saak ondersoek.

Sy het gesê hulle sal wag vir die uitslae van die ondersoek voor hulle kommentaar lewer.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com:

Rooibos se ‘ma’, dr. Annique Theron, sterf in die ouderdom van 86

Friends-reünie groot teleurstelling vir lojale aanhangers

‘Jy is oneerlik,’ sê Radovan Krejcír aan regter

Kyk: Oorstelpte vrou en haar hondekind ná maande lange soektog herenig