"Baby came back" het dié uitvinder op sosiale media gespog toe die vuurpyl terugkeer aarde toe. Die Falcon 9-vuurpyl het die SpaceX Dragon-ruimtetuig om 16:39 (Suid-Afrikaanse tyd) sonder enige bemanning na die wentelbaan om die aarde gelanseer. Die Dragon-tuig gaan na verwagting later die week by die Internasionale Ruimtestasie aansluit.

Dit bevat onder meer kos, voorraad en toerusting om ruimteeksperimente mee uit te voer vir die ruimtevaarders in die stasie.

Intussen het die Falcon 9 reeds teruggekeer aarde toe.

Elon se Space Exploration Technologies (SpaceX) het die Falcon 9 van die Nasa lanseerblad (39A) in Florida gelanseer. Dit is dieselfde lanseerarea wat vir die Apollo 11-sending gebruik is waarmee die eerste mense na die maan gestuur is.

Dit is 'n geskiedkundige oomblik siende dat die Falcon 9 die eerste privaatvuurpyl is om van dié lanseerarea gelanseer te word. Die Falcon 9 sou aanvanklik Saterdag lanseer, maar die sending is uitgestel omdat daar ’n tegniese haakplek was wat Elon eers wou uitklaar.

A post shared by Elon Musk (@elonmusk) on

Ooggetuies vertel die vuurpyl was net vir enkele oomblikke sigbaar voor dit tussen die wolke verdwyn het. Dit het 'n paar uur later weer suksesvol geland.

Kyk hier hoe Falcon 9 terugkeer aarde toe.

 

A post shared by Elon Musk (@elonmusk) on

Die Falcon 9 is al meer as ’n week gelede vertikaal staangemaak op die lansseerblad, gereed om lanseer te word.

Bronne: BBC; Broadband.co.za; Instagram.com