Die verklaring lui dat Eskom die regering gewaarsku het dat die hoof-kragnetwerk kan ineenstort en die land vir langer as twee weke in die duisternis kan dompel.

"Die boodskap rakende Eskom is nie waar nie, en dit is bedoel om onnodige paniek te saai. Beurtkrag is ’n beheerde en beplande metode om te verseker dat die kragstelsel beskerm word teen algehele verduistering,“ het Donald Lophoko, die waarnemende direkteur-generaal, in ’n verklaring gesê.

"Suid-Afrikaners kan daarvan verseker wees dat die land se energie-uitdagings die hoogste prioriteit geniet om die situasie op te los."

Volgens hom is die regering daarvan oortuig dat die maatreëls wat tans ingestel is, ’n algehele verduistering sal voorkom.

Die regering het hom daartoe verbind om ’n blywende oplossing te vind om die energiesituasie aan te pak.

- Sapa