Die supermodel Candice Swanepoel het ma geword!

Die Victoria's Secret-model (27) het volgens E! News geboorte geskenk aan ’n seun genaamd Anacã – haar kind se pa is haar verloofde Hermann Nicoli. Die besonderse naamkeuse is glo ’n Brasiliaanse voëlsoort. Candice se fotograafvriend Jerome Duran het die goeie nuus bevestig deur Vrydag ’n naakfoto van haar swanger magie in sosiale media te deel en sy gelukwensinge gegee. “DIE HEEL MOOISTE MAMMA Geluk!!” het hy in die onderskrif geskryf. "@angelcandices @hermannicoli Welkom Anacã!!! Reeds soooveel LIEFDE vir jou en die nuwe gesin!” Die skoonheid het sedertdien ’n kiekie van hul kleinding op Instagram gedeel.

Life is sweet. ??Anacan (Anacã) 5th-October -2016

A photo posted by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

Candice en Hermann is al vir meer as 10 jaar ’n paartjie. Die Suid-Afrikaanse model het verlief geraak op die sexy Brasiliaan het sy hom in Parys, Frankryk, ontmoet het.

All you need is love, love Love is all you need. ?

A photo posted by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

Gerugte oor Candice se swangerskap het in Maart aan die lig gekom en kort daarna het haar beste vriendin en mede Victoria Secret-model Behati Prinsloo se swangerskapnuus ook uitgekom. Behati en haar rocker-man Adam Levine het hul dogter Dusty Rose op 21 September verwelkom en die gelukkige ouers het die eerste foto van hul bondeltjie vreugde gedeel toe sy net twee dae oud was.

Words can't describe ? Dusty Rose Levine 9/21/16

A photo posted by Behati Prinsloo Levine (@behatiprinsloo) on

Die paartjie is in 2014 getroud nadat hulle vir twee jaar lank uitgegaan het.

Bronne: Cover Media, Instagram