Zinhle Makuwaza, ook bekend as Zee, is met ’n seldsame afwyking gebore wat daartoe lei dat haar hart bloed “lek”.

Die 11 maande oue meisietjie se hartseer verhaal het harte landwyd aangegryp en selfs hoofopskrifte oorsee gehaal.

[caption id="attachment_121470" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

In Engeland het die Daily Sun en Daily Mail, onderskeidelik die grootste en naasgrootste koerante daar, berig oor die meisie wat ’n opehartoperasie benodig om die drie gate in haar hart “toe te maak” en dat sy ’n wonderwerkbaba is wat gebore is nadat haar ma drie miskrame gehad het.

Talle lesers was so ontroer deur Zee se storie dat hulle duisende rande geskenk het om vir haar die nodige mediese sorg moontlik te maak.

“Ons het die eerste keer uitgevind van ons dogter se gesondheidsprobleme drie maande ná haar geboorte. Haar hartklop was baie vinnig en sy’t ook vinnig asemgehaal. Sy het baie gesweet terwyl sy slaap en het nie gewig aangesit nie,” vertel haar pa, Inocent, aan Huisgenoot.

Lees ook: ‘Ek leef nou met my vel’: Brandoorlewende vra ander op modeblog om hul littekens te aanvaar

Dokters het eers op ses maande uitgevind daar is drie openings in haar hart en ook dat sy ’n enkele hartklep pleks van twee het.

“Die gevolg is dat haar hart in al sy kamers bloed meng en dit plaas druk op haar longe,” vertel haar pa uit die gesinshuis in Nelspruit.

[caption id="attachment_121466" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

“Sy het toe ernstige hipertensie van die longslagaar ontwikkel, wat dodelik is.”

Haar ma, Lorraine, ’n onderwyseres, het aan die Mirror vertel van die uitdagings wat hulle in die gesig staar.

“Sy’s ons enigste kind. Ek het voor haar geboorte drie miskrame – in 2012, 2013 en 2014 – gehad. Dis ons wonderwerkbaba, maar sy het al hierdie probleme. Dis baie moeilik.”

[caption id="attachment_121467" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Die gesin het ’n klein oorwinning behaal toe Zee in Februarie ’n gevaarlike opehartoperasie in Indië oorleef het. Die maratonoperasie is in Indië gedoen omdat dit goedkoper daar is en haar ouers was haastig om hulp te kry.

[caption id="attachment_121468" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

“Dit was ’n hoërisiko-operasie en die dokters wou amper nie opereer nie. Hulle het gesê as ons nog ’n maand gewag het, sou hulle nie meer kon opereer nie,” sê Inocent.

Lees ook: Kyk: Blinde terapiehond Smiley doen sy naam gestand

Zee benodig nog ’n operasie en is tans op suurstof by die gesinshuis in Nelspruit. Haar ouers reis 384 km na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg vir haar tweemaandelikse ondersoeke.

[caption id="attachment_121465" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

“Ons het begin geld insamel vir Zee se tweede operasie,” sê haar pa. Zee se eerste operasie is moontlik gemaak danksy weldoeners wat R210 000 help insamel het.

“Ek is baie gelukkig dat my prinsessie terug is by die huis. Om al die buise rondom my baba te sien, het my hart gebreek. Ek kon my net indink watter pyn sy moes deurmaak. Ek dank die almagtige God wat my sterk hou. Ek het nie woorde om my dankbaarheid teenoor elkeen uit te spreek nie,” het Zee se ma aan hul weldoeners geskryf op die blad wat begin is om haar te steun.

“Zee se glimlag sal jou hart laat vermurwe – enigeen wat na haar kyk, raak dolverlief op haar. Maar sy verkeer nou in soveel pyn. Ons is desperaat,” het haar ma aan die Daily Mail gesê.

Enigeen wat Zee kan help, kan geld via die Go Fund Me-blad skenk. Besoek dit by: gofundme.com

Ekstra bronne: dailymail.co.uk, mirror.co.uk

– Deur Mieke Vlok

Ander stories op Huisgenoot.com:

Wonderlike nuus vir Kurt Darren en sy Dunay!

Wrakstukke aan Mosambiekse kus ‘beslis soortgelyk aan vermiste vlug MH370’

Bekende Sharks-rugbyspeler glo by kroeggeveg betrek

Huisgenoot-joernalis skryf hoe dit voel om konstant op die wipplank van bipolêre steuring te ry