PocketSlip is ’n app wat van jou inkopie-uitgawes rekord hou, baie soos ’n digitale kasregisterstrokie.

“Ons praat al jare oor die papierlose omgewing en PocketSlip sal nog ’n stappie weg van ’n ‘papierberg’ wees,” het die uitvoerende hoof, Brett Lowe, aan Fin24 gesê.

Met dié dat die strokies digitaal gebêre word, kan klante makliker items terugneem of goedere onder waarborg vervang.

Maar aanvaarding van die app is ’n groot uitdaging.

“Die idee bestaan al vir ’n ruk, maar die grootste uitdaging is om die groot kleinhandelkettings te laat verstaan, ja, hulle kan dit self doen en party doen dit reeds met e-pos, maar klante wil nie ’n app vir hul Woolworths-, Pick n Pay- of Mr Price-strokies hê nie,” het Brett gesê.

“Klante wil een hê wat alles saamvoeg sodat hulle kan begroot en dit alles saam kry. PocketSlip sal daardie app wees,” het hy bygevoeg.

Nog ’n uitdaging is om kleinhandelaars wat lojaliteitsprogramme het te oortuig om by die platform aan te sluit wat hulle ook kan help geld bespaar. Die papier wat gewoonlik vir kasregistestrokies gebruik word, kos van R1,61 tot R6,46 per rolletjie.

Finansiële apps toon blykbaar groei.

Bron: Fin24