Geheime skenkers het drie takke van die speelgoedwinkel Toys R Us in Massachusetts gebel om weglê-rekeninge, wat klante toelaat om hul skuld oor ’n pare weke te delg, af te betaal.
'As jy dit het, gee dit.'

Die grootste meevaller was ’n “borrelende ouer vrou”, soos personeel in Boston haar beskryf het, wat R230 000 vir weglê-rekeninge betaal het.

“As jy dit het, gee dit,” het die naamlose vrou volgens die Milford Daily News gesê.

Enkele dae later het nog ’n winkel ’n soortgelyke geval aangemeld. Hierdie keer was die totaal R225 000 om 125 welê-rekeninge af te betaal. ’n Woordvoerder by Toys R Us het gesê: “Dis waaroor die feestyd gaan.”

Bron: Times LIVE