Dit klink soos 'n sprokie: Hy, die aantreklike Italiaanse besigheidsman wat glo 'n biljoenêr is; sy die pragtige skoonheidskoningin. Maar toe verdwyn sy spoorloos sowat twee maande gelede. . . Gianluca Cervara van Milaan, Italië, en die voormalige Mej Oekraïene, Anna Zaiachkivska (24), het op 22 Desember 2015 soos die Europese gebruik in die landdroskantoor getrou. Die plan was dat die twee hul formele kerktroue in September 2016 sou hou. Op die oog af kon jy nie 'n gelukkiger paartjie as hierdie twee raakloop nie.

Maar toe soek Anna 'n bietjie vars lug een oggend in Julie. En sy verdwyn soos mis voor die son. Geen taal of tyding of enigiets wat kon aandui wat van haar geword het nie.

Gainluca was glo betreklik ontsteld. Hy het hierdie foto die dag voor haar verdwyning op Facebook gedeel met die byskrif: "My blomme".

En Anna bedank hom by dieselfde Facebook-plasing vir die feit dat sy "sy blom asook deel van sy familie" kan wees.

Gianluca was nie seker wat met haar kon gebeur het nie. Was dit 'n ontvoering, siende dat hy aansienlik ryk was? Of het iets baie slegter met haar gebeur? Hy het selfs die polisie gekontak om te help om haar op te spoor. En hoe kom die kinkel: Gianluca spoor toevallig 'n paar weke gelede foto's van haar op die sosiale platform Instagram op - foto's wat duidelik wys sy's alles behalwe ontvoer, dood of weg.

#zaia #life #love #travel #america #goodmoments #missukraine #day #happy #freedom #time #way

A photo posted by Anna Zaiachkivska (@anna_zaiachkivska2015) on

Inteendeel, dit kom voor asof die pragtige weghardloopbruid 'n lewe van pret en plesier in luukse hotelle en eksotiese bestemmings geniet het, insluitend New York. Die pragtige model en kunstenaar het heelwat kiekies gedeel ná haar 'verdwyining' met die byskrif #freedom daarby.

#nyc #america #life #time #relax #friends #sannyday #dreams #magic #freedom #ship #aqua #love #zaia

A photo posted by Anna Zaiachkivska (@anna_zaiachkivska2015) on

Anna het na bewering aan tochka.net, 'n nuusagentskap in die Oekraïne, gesê dat Gianluca gereeld sy hande teen haar gelig het. Na haar man haar opgespoor het, het sy na haar ouers in die Oekraïne teruggekeer, en besluit om hom 'n tweede kans te gee nadat hy haar daar kom haal het. Sy beweer ook dat haar ouers geen idee gehad het waarom sy onverwags kom kuier het nie. Maar die tweede kans is glo ook deur Gianluca verbrou toe hy haar tydens 'n argument in die gesig gespoeg het. Die laaste strooi wat die spreekwoordelike kameel se rug gebreek het, was toe Anna gevoel het Gianluca gee nie 'n snars vir haar hoofpyne om nie. Dit het glo 'n week lank geduur. Sy't die deur van die "goue hok", soos sy dit bestempel, oopgemaak en weggevlieg. Ver weggevlieg. . .

En Gianluca? Die man is boos. Hy dagvaar Anna nou vir die verbreking van hul huweliksooreenkoms. Daar word ook beweer dat Anna sonder toestemming $7 000 en 'n selfoon uit sy kluis saam op haar bevrydingstog geneem het.

Intussen lewer hy glo ook kommentaar op haar sosiale media-plasings en beskuldig haar daarvan dat sy 'n vals adres verskaf het voor sy na New York vertrek het. Ook dat "haar man in Milaan en haar ouers" haar bedank dat sy 'n "ander man" se adres in New York het.

Sy laaste stuiwer in die armbeurs? Anna is nie die persoon wie sy voorgee sy is nie.

Bronne: dailylmail.co.uk, nydailynews.com, mirror.co.uk