Eva (39) het glo vir Ryan (32) gesê sy wil teen die ouderdom van 40 verloof wees. Dit blyk nou die akteur het mooi geluister en is besig om sy eendjies in ’n ry te kry.

’n Bron het aan die Amerikaanse tydskrif Star gesê: “Eva het vir Ryan gesê sy wil teen 40 verloof wees. Eintlik het hy al begin beplan aan hoe hy die groot vraag gaan vra. Hy praat al lankal in die geheim met die ontwerper Neil Lane.”

Ryan werk tans aan How to Catch a Monster, die eerste fliek waarvan hy die regisseur is. Tog het hy reeds ’n vakansietjie vir hom en Eva gereël en hy wil haar glo dan vra om sy vrou te word.

Die bron het vertel: “Hy beplan ’n romantiese vakansie sodra hy klaar is met How to Catch a Monster. Hy het haar vertel die vakansie is om die fliek te vier. Eva het nie ’n idee wat hy eintlik beplan nie.”

Eva speel ook in die fliek en die twee kon op stel glo skaars hul hande van mekaar afhou.

Iemand in die binnekring het voorheen vertel: “Hulle is nie juis diskreet nie. Ryan sal baie gefokus wees, maar dan sal sy sy aandag aftrek met ’n stoute blik. Voor jy weet, het hulle almal uit die vertrek gestuur sodat hulle kan ‘praat’.”