Ryan Seacrest gaan die aanbieder wees van The Million Second Quiz, ’n nuwe speletjiesprogram wat in September uitgesaai word.

Die American Idol-aanbieder is ook ’n uitvoerende vervaardiger van NBC se nuwe program, wat volgende maand regstreeks vanuit ’n reuse uurglas voor die Rockefeller-sentrum in New York gebeeldsend sal word.

Volgens NBC sal The Million Second Quiz deelnemers se kennis, senuwees en uithouvermoë toets terwyl hulle mekaar vir 12 agtereenvolgende dae en nagte in intense rondes die stryd aansê en allerhande vrae moet beantwoord. Wanneer die miljoen sekondes tot ’n einde kom, sal die kampioene teen mekaar meeding en die wenner kan met die grootste prys in die geskiedenis van speletjiesprogramme wegstap.

“Die vier spelers wat die langste in die speletjie bly, sal in die uurglas bly. Dan sal hulle die geleentheid kry om nog tot twee weke lank te speel terwyl ander deelnemers hulle probeer uitstof.

“Die program sal die eerste volledig samelopende televisie-ervaring wees, waar kykers van oor Amerika 24 uur per dag by die huis tegelyktydig met die program sal kan saamspeel en die geleentheid sal kry om daarop te verskyn.”

The Million Second Quiz word deur All3 Media America, Studio Lambert en Universal Television vervaardig.