Die Deadpool-ster het in Oktober verlede jaar die hartseer nuus op Twitter gedeel dat sy pa, James C. Reynolds, ná ’n stryd van 20 jaar teen Parkinson-siekte gesterf het.

“RIV Paps,” het hy geskryf. “James C. Reynolds. 1941-2015”. Donderdag het hy sy pa ’n laaste keer gegroet nadat hy sy oorskot by ’n onbekende plek gestrooi het. Lees ook: Blake Lively in sosialemediastorm ná omstrede Instagram-inskrywing Ryan het die besonderhede van die hartseer geleentheid op Twitter met sy aanhangers gedeel en kon nie anders as om ’n grap te maak nie.

“ ’n Gesin wat sowat 200 treë windaf piekniek gehou het, het vanoggend die helfte van my pa se as geëet,” het hy geskryf.

Ryan was openlik oor sy pa se stryd teen die siekte en het selfs in 2008 ’n artikel vir The Huffington Post geskryf waarin hy verduidelik het hoe sy pa se toestand hom geïnspireer het om aan die New York-marathon deel te neem.

“Ek het gekyk hoe my pa – ’n sterk en trotse mens wat (vier) gek kinders suksesvol grootgemaak het – stadig, wreed van sy onafhanklikheid gestroop word,” het hy geskryf.

Lees ook: Céline Dion verklap laaste woorde aan haar man oomblikke voor hy sterf

“Sy goue jare is gesteel. Dit is vanselfsprekend aaklig. Om my pa oor die jare te sien ly, het my behoefte aangevuur om op te tree.

“Een van die redes waarom ek draf in die besonder gekies het, was omdat . . . my mededinger die formidabelste vyand van almal is: ekself. Die mens wat ek moet wen, is die ou wat ek laas week was. Die mens wat ek gister was. Onbeskryflik erger, voer diegene wat deur Parkinsons geraak word, elke liewe dag ’n soortgelyke oorlog in hul eie liggaam.

“Anders as ’n marathon, sal hul stryd nie eindig in ’n vlak poel vomeersel buite Tavern On The Green (in New York) terwyl hulle vir ’n ambulans wag nie. Hulle gaan dag in en dag uit voort en voer stil ’n stryd in die persoonlikste van worstelings.”

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Ons spesiale Huisgenoot-legkaart bied ’n lekker uitdaging!

Dis hoe jy swendelaars se Facebook-skelmstreke uitken

Hierdie is die een item wat jy MOET verseker maar nooit doen nie

Dié spiertier spog hy gebruik al steroïede van hy 18 was