Die 34-jarige Drive-akteur is een van wêreld se gesogste hartebrekers. Hy en sy meisie, Eva Mendes, het ook onlangs hul eersteling verwelkom. Maar blykbaar het een vrou het haar liefde vir die ster te vêr gevoer en het die ster regstappe teen haar geneem.

Volgens regsdokumente wat deur TMZ.com verkry is, glo Grace Marie Del Villar sy is Ryan se “tweelingsuster”.

Die skinderwebtuiste berig ook volgens die dokumente moet Grace van nou af nie nader as 90 m aan Ryan kom nie. Dit volg glo nadat Grace (wat in New York woon) in laat Oktober by Ryan se huis in Los Angeles opgedaag het en by die veiligheidshek geroep het dat sy Ryan se tweelingsuster is.

Toe sy die eiendom verlaat, het sy ’n “pop-katalogus” agtergelaat. TMZ beweer sy het in die verlede herhaaldelik met Ryan probeer kontak maak en items aan hom gestuur.

Sy het glo ’n uitknipsel van Eva gestuur met haar eie kontakbesonderhede. Boonop het sy ’n boodskap aan Ryan se suster gestuur wat lees: “Ek skop jou broer se kop.”

Eva en haar en Ryan se twee maande oue dogter, Esmeralda, is ook by die bevel ingesluit, asook Ryan se ander familielede.

Intussen het die Australiese akteur Chris Hemsworth Ryan geklop vir die titel as die wêreld se sexyste man. Maar die webtuiste The Wrap beweer Ryan het eintlik die titel van die hand gewys.

© Cover Media