Liz Wahl, ’n Amerikaner wat vir die nuuskanaal gewerk het, het in haar regstreekse bedanking gesê sy kan nie meer vir ’n nuuskanaal werk wat “Poetin se optrede goedpraat nie”, berig die Mail Online.

Die Russiese president beweer hy beskerm Russiese burgers in die Krim teen “ultra-nasionalistiese magte”.

Sy het in haar bulletin gesê haar grootouers het destyds van Hongarye na Amerika geëmigreer en dat sy “daarop trots is om ’n Amerikaner te wees en daarin glo om die waarheid bekend te maak.

“Daarom,” het sy voortgegaan, ”gaan ek ná hierdie uitsending bedank.”

Russia Today het ’n verklaring vrygestel waarin hulle sê joernaliste wat nie met redaksionele besluite saamstem nie kan die kwessie met hul redakteur bespreek.

“Die normale prosedure is om die kwessie met die redakteur te bespreek, en as die probleem nie uitgestryk kan word nie, kan die joernalis bedank.

“Wanneer iemand ’n persoonlike besluit in ’n massiewe spektakel omskep, is dit niks meer as ’n publisiteitsfoefie nie.”

Die Russia Today-joernalis Abby Martin het ook Dinsdag kapsie teen die inval gemaak en tydens ’n uitsending gesê sy “is sterk gekant teen enige ingryping in ’n outonome regering se sake”. Haar bestuurder het ná die uitspraak aan die National Journal gesê Abby sal na die Krim gestuur word “sodat sy uit die middelpunt van gebeure self ’n opinie kan vorm”. Sy het op Twitter gereageer en gesê sy sal dit nie doen nie.

Kyk hier na die video: