Hy vertel ook van helder vlamme. “Ek het mense gesien wie se gesigte verbrand was en hul hare geskroei is,” het hy aan RTL Nieuws vertel.

Minstens tien mense is luidens berigte dood terwyl talle beseer is toe ’n ontploffing in ’n moltreinwa in Sint Pietersburg plaasgevind het. Kyk foto’s en video: Ontploffings ruk deur Russiese moltreinstasie – bloed en verwronge staal stille getuienis Aanvanklik is daar berig twee ontploffings het plaasgevind, maar sedertien het Russiese amptenare bevestig dat daar slegs een ontploffing was. Die tweede ontploffing was glo nog ’n ploftoestel wat buite aksie gestel is.

Luidens berigte het diegene wat hulle tydens die ontploffing in die treinwa bevind het, hulself gereed gemaak om te sterf.

“Ons is uit die wa gehelp en mense het mekaar bygestaan. Die meeste van hulle was met bloed bedek,” het nog ’n ooggetuie aan die Russiese nuusagentskap Tas gesê.

Twee van die geskatte 50 beseerders ondergaan tans noodoperasies.

Die Russiese staatshoof, Vladimir Putin, het aangedui dat hy reeds met die hoof van die land se spesiale dienste in gesprek getree het en dat daar ondersoek na die voorval ingestel word.

“Ons ondersoek alle moontlikhede, terreur sowel as misdaad,” het hy gesê. Intussen is veiligheidsmaatreëls ook in Moskou aansienlik opgeskerp. Gerugte doen die ronde dat die beweerde organiseerder van die ontploffing op geslote kringbeeldtelevisie gewaar is. Hierdie is nie die eerste dodelike voorval waar pendelaars die slagoffers is nie. In April 2010 het minstens 38 mense gesterf toe twee vroue-selfdoodbomdraers ’n volgepakte trein in Moskou geteiken het. In Februarie 2004 het 39 mense gesterf en meer as 100 beserings opgedoen toe beweerde Tsjetsjeense seperatiste ook Moskou se moltreinstelsel geteiken het.

Meer foto’s van die terreur-aanval

Die persoon wat dié foto op Twitter gedeel het, beweer dit is by Sint Pietersburg geneem en beskryf dit as ’n tuisgemaakte ploftoestel.

Bronne: aljazeera.com, edition.cnn.com, tass.com, rt.com