Hulle sou nooit kon dink hul dogter se lewe sou so eindig nie. Op ’n warm, sonnige winteroggend in Mei stap Barry en June Steenkamp by Somerstrand, Port Elizabeth, kniediep die see in om haar as in die branders te strooi.

“Daar is soveel foto’s van haar op die strand. Sy is mal oor die strand en dolfyne,” se^ June van hul dogter Reeva, so asof sy nog hier by hulle is. Maar op Valentynsoggend vanjaar is sy in haar ke^rel, die atleet Oscar Pistorius, se huis in Pretoria doodgeskiet.

Vandag wil haar ouers op ’n besondere manier van haar afskeid neem op ’n plek waar hulle haar maklik kan kom besoek, hier waar sy nou deel word van die oseaan.

Lees Pieter van Zyl se artikel in Huisgenoot 6 Junie 2013