46664 Concert: In Celebration Of Nelson Mandela's Life - Performance

Pres. Jacob Zuma het gisteraand in ‘n regstreekse toespraak bevestig dat oudpresident Nelson Mandela om 20:50 gesterf het. “Dis ‘n oomblik van groot smart. Ons nasie het sy grootste seun verloor.”

Zuma het gesê die 95-jarige staatsman was rustig en vreedsaam toe hy sterf. Hy het bevestig dat Madiba ‘n staatsbegrafnis sal hê.

Huisgenoot dink aan die Mandela-gesin, en rou saam met die res van Suid-Afrika oor die groot verlies.