Die voormalige All Black-slot Ali Williams en die gewese Wallaby-agterspeler James O’Connor het die naglewe van die Franse hoofstad Parys ten volle benut en is na wat berig word gearresteer nadat hulle kokaïen probeer koop het.
Albei spelers speel Franse klubrugby en die blaaskans was te midde van die Top-14-kampioeneliga in Europa. Ali speel vir Parys se Racing 92 en James draf vir die gesogte klub Toulon – uit die suide van Frankryk – uit. Plaaslike nuusdienste berig die voorval het in die vroeë oggendure voor ’n bekende nagklub naby die Champs-Elysees en die Arc de Triomphe plaasgevind.

Polisie in gewone kleredag het die tweetal glo vasgetrek nadat hulle na wat berig word sowat 200 euro aan vermeende dwelmhandelaars oorhandig het.