A photo posted by Rachel Kolisi (@rachel_kolisi) on

Siya se vrou, Rachel, het Woensdagoggend die nagmerrie-ervaring op Instagram gedeel.

“Ek het sowat tweeuur gisteraand wakker geskrik. Nic het gehuil en vreemde geluide gemaak. Ek het gaan inloer,” skryf Rachel, wat in Pinelands, Kaapstad, woon.

“Sy muskietnet was drie keer om sy nek verstrengel en het hom gewurg - natuurlik omdat hy deur die loop van die aand rondgerol het. Ek is so dankbaar ons het slaapopleiding gehad, anders sou ek hom waarskynlik gelos het. "Nodeloos om te sê sal jy nie weer ’n muskietnet in my huis kry nie,” vertel sy. “Ek dink dis iets waaroor ons as ouers nie regtig dink nie. As jy een het, heroorweeg dit dalk.” Siya se halfboetie, Liyema (14), en halfsussie, Liphelo (9), bly ook by die egpaar.

Talle het op Instagram op Rachel se inskrywing gereageer. “Sy engele was aan diens gisteraand! Ek is so bly hy is veilig,” het een laat hoor. Ons ook!