Donderdag, op sy 34ste verjaardag, het die 1,8 m lange Petrus Fourie du Preez sy uittrede by rugby aangekondig. Lees ook: Superrugby - hierdie naweek se skedule “Rugby was so ’n integrale deel van my lewe die afgelope twee dekades,” het hy gesê. “Ek was bevoorreg en geseënd om die spel te speel waarvoor ek 15 jaar lank lief was en ek is baie dankbaar daarvoor. Die vriende, herinneringe en lewenservarings sal my lewenslank bybly.”

Oregon Hoskins, SA-rugbypresident, het gesê Fourie sal in die annale van Suid-Afrikaanse rugby onthou word as een van die mees-bekroonde spelers.
“Met sy unieke en uitstekende spelvermoë wat deur die jare geloof is, het hy ook geestelike sterkte getoon toe hy die kapteinskap van die Springbokke oorgeneem het,” het Oregon gesê.
’n Beseerde skouer het hom grootliks van 2011 tot 2012 uit die spel gehou. Maar in 2013 was Fourie du Preez weer daar, reg om Suid-Afrika in die Rugbykampioenskap te verteenwoordig.
Toe Fourie se naam opduik vir die Springbokspan wat in 2015 na die Wêreldbekertoernooi, het die tonge behoorlik geklap.

Maar die man wat aanvanklik bloot ’n klein rol in die span sou speel, is kort voor lank as ’n genie en ’n towenaar bestempel.

Met hierdie fenomenale drie het kaptein Fourie selfs die venynigste kritici se monde gesnoer en die Springbokke van ’n plek in die kwarteindronde van die Rugbywêreldbeker 2015 besorg.

Hy het sy vordering tot lid van die Bokspan as ’n “fisieke en geestelike oorlog” beskryf.

“Ek het beslis nooit gedink ek sal as kaptein die span aanvoer nie.”

Fourie word allerweë as ’n nederige mens bestempel, veral vanweë hy deurentyd erkenning aan die hele span gegee het vir hul vertonings teen Samoa, Skotland en Amerika.

Wallis se verdedigingsafrigter, Shaun Edwards, het gesê: “Hy is iemand wat ek jare lank reeds bewonder. Dit is geen toeval dat die Springbokmasjien volstoom vorentoe gaan sedert sy terugkeer nie. Hy is ’n towenaar op die veld.”

Bronne: Sport24.co.za, Jacarandafm.com, Dailymail.co.uk, Wikipedia.com ??

Saamgestel deur Annelene Oberholzer

Ander stories op Huisgenoot.com

Eksklusief: Angelique Gerber vertel hoe sy vriendinne gevra het om haar bruidsmeisies te wees

‘Boeremeisie’ Minki van der Westhuizen kry Britse burgerskap

Meghan Trainor: Ek verstaan nie die hele ‘groot lippe’-neiging nie