As rugby nie meer vir die Springbok- en Stormers-rugbyspeler Siya Kolisi uitwerk nie, het hy darem ’n vangnet – om huisvrou te speel! Nee kyk, Siya se hande staan vir niks verkeerd nie.

Sy blondekop-vrou, Rachel, het ’n skattige foto van Siya en hul tweejarige seun, Nic, op Instagram gedeel waar dié pa en seun opstote doen.

A photo posted by Rachel Kolisi (@rachel_kolisi) on

Maar dis in die byskrif waar Rachel skaars uitgepraat kan raak oor haar raakvat-man.

“Huisvrou-lewe onder die knie deur my man,” skryf sy. Volgens die inskrywing het Siya ’n lys takies om te doen, soos wasgoed was, kos maak, skoonmaak, al Nic se vuil doeke omruil, vroeg opstaan, die beddens opmaak en om Nic boonop bedags te vermaak.

Lees ook: Skattige video van Protea-held JP Duminy se kleinding vermurwe harte

Rachel bestuur deesdae ’n gastehuis in Kampsbaai.

“Boonop leer hy (Siya) hom (Nic) goeie opstoot-vorm. Bra, jy’s die beste ?” skryf sy by die foto.

A photo posted by Rachel Kolisi (@rachel_kolisi) on

Die paartjie, wat in Augustus verlede jaar afgehaak het, het onlangs onder rassehaat deurgeloop, maar dit lyk nie asof die kuberboelies die Kolisi’s onderkry nie.

A photo posted by Rachel Kolisi (@rachel_kolisi) on

Nogal indrukwekkend, Siya!